
=====================================================================
Fees soek na taaloplossings (AV 6:2)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


Fees soek na taaloplossings

Ilse Bigalke bring die kernwaarde na vore van die Klein Karoo Nasionale Kunstefees van 1999: sy lesingreeks oor oorlewingskeuses vir 
Afrikaans, en vat dit saam. C.J. LANGENHOVEN   sou sekerlik baldadig saam met Amanda Strydom in Afrikaans wou "rock" as hy die afgelope vyf 
jaar die groot lekkerte van die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) kon beleef het op die dorp waar hy sy stryd om Afrikaans as 
skryftaal gevoer het.

Vanjaar is die grense van di fees verskuif met die aanbieding van 'n dinamiese lesingreeks oor oorlewingskeuses vir Afrikaans en 
Afrikaners, wat stimulus verleen het aan die nuwe stryd om die bevordering van Afrikaans as een van tien minderheidstale in Suid-Afrika.

'n Uitgelese paneel Afrikaanse intellektuele het die ontwikkeling van Afrikaans sedert die Anglo-Boereoorlog bespreek, maar ook sterk klem 
gel op oplossings vir huidige en toekomstige taaluitdagings.

Die keuse van sprekers met uiteenlopende menings, maar almal met 'n vurige hart vir hul taal, was 'n voltreffer.

Hulle het gewissel van die oudpolitikus Frederik van Zyl Slabbert tot die   bekroonde skrywers Breyten Breytenbach en   Andr P. Brink, die   
oud-Robbeneilander en selferkende Marxis Neville Alexander, taalkenners soos   Elize Botha,   Ampie Coetzee,   John Kannemeyer,   Hein 
Willemse,   Fritz Ponelis en   Ernst Kotz, die geskiedkundiges   Albert Grundlingh en   Fransjohan Pretorius en   die filosoof Johan 
Degenaar.

Hermann Giliomee en Van Zyl Slabbert het om die beurt die gesprek tussen sprekers en gehoor op 'n onderhoudende wyse aan die gang gehou.

Die waarde van die lesingreeks l veral in die dinamiese debat wat daardeur tussen sprekers en gehoor aan die gang gesit is en wat van daar 
wyer uitgekring het.

Voorts het die reeks waarde toegevoeg tot en 'n nuwe dimensie verleen aan die KKNK. Die oop gesprek in die klein teater, wat van dag twee 
af heeltemal onvoldoende was om die groot getal belangstellendes te huisves, het die gewenste uitwerking gehad en het vanaf Oudtshoorn 
uitgekring in die vorm van onder meer briewe en artikels in dagblaaie en tydskrifte.

Willemse was een van die sprekers wat in di verband daarop gewys het dat die gesprek in die binnekring, soos di op Oudtshoorn, na buite 
geneem moet word en dat Afrikaans 'n inklusiewe, pleks van 'n eksklusiewe taal moet word.

Een van die kwelvrae wat geopper is, is hoe die gesprek na jong Afrikaners geneem kan word.

Het hulle hoegenaamd nog 'n vegtershart vir hul taal?

Breytenbach het ges dat 'n "getob oor Afrikaans" waarskynlik vir jong mense min beteken, omdat hulle met die gebakte pere van die 
apartheidsverlede sit.

Hy en andere het voorgestel jonger mense wat die jeug se verbeelding aangryp, soos Johannes Kerkorrel en David Kramer, moet 'n volgende 
keer as sprekers genooi word.

Alexander het ges dat die toekoms van Afrikaans l in alliansies van minderheidstale, en nie in samespanning tussen wit en bruin 
Afrikaanses teen swart mense nie.

Volgens Brink l die enigste, maar ook rykste moontlikheid vir die ontwikkeling van die Afrikaanse literatuur in die vryer uitwisseling met 
literature en kulture rondom ons. Dit is onder meer so omdat die spektrum van moontlikhede n apartheid op 'n onvergelyklike manier 
oopgegaan het.

Botha, Kanselier van die Universiteit van Stellenbosch, en Breytenbach het daarop gewys dat die Afrikaanse universiteite nie die belange 
van Afrikaans as taal bo di van die universiteit self sal stel nie.

Van Zyl Slabbert, Coetzee en Breytenbach het mense wat streef om Afrikaans as universiteits- en wetenskaptaal te behou, gevra om radikaal 
te dink om di doel te bereik.

Voorstelle het ingesluit die ontwikkeling van 'n meertalige universiteit met Afrikaans as voertaal, terwyl 'n Afrika taal tegelyk as 
tersire onderrigtaal ontwikkel word, 'n virtuele Afrikaanse universiteit en 'n nuwe Afrikaanse universiteit op Oudtshoorn.

Van Zyl Slabbert het Afrikaanssprekendes gevra om op te hou wroeg oor wie en wat hulle presies is, en eerder praktiese projekte aan te pak 
wat hulle kan saamtrek, soos die totstandbrenging van 'n universiteit op Oudtshoorn.

Alexander en Degenaar het Afrikaanssprekendes op hul beurt uitgedaag om hul burgerlike regte en voorregte met betrekking tot hul moedertaal 
uit te oefen en nie te sit en wag dat forums of rade dit vir hulle doen nie.

Alexander het voorgestel dat hulle die demokrasie moet uitbuit waarin hul taalregte beskerm word, deur hulle selfs tot boikotaksies te wend 
teen byvoorbeeld maatskappye wat Afrikaans stief behandel.

Degenaar het gemaan dat elkeen in sy eie situasie kreatief nee moet s vir onregte teen sy taal. Volgens hom l die kreatiewe voortbestaan 
in geregtigheid van Afrikaans in die aanvaarding van morele verantwoordelikheid, maar ook in "voortdurende waaksaamheid" ten opsigte van 
die behoud van taal en kultuur.

In die woorde van Ponelis, hoof van die departement Afrikaans-Nederlands aan die Universiteit van Stellenbosch, is die KKNK 'n aanduiding 
dat "ons daarmee rekening hou dat Afrikaans 'n sterk, lewende boom met baie takke is".

Met vanjaar se lesingreeks, wat volgens mnr. Andrew Marais,   die sameroeper, beslis voortaan 'n permanente item op die feesagenda gaan 
wees, is 'n groot tak tot di boom toegevoeg met die potensiaal om nog baie sterk lote uit te stoot. Ilse Bigalke   is parlementre 
verslaggewer by Die Burger.

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av628.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999     Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Junie 1999 /// Vier nasionale ampstale is beter plan (AV 6:2) /// 
Waardeer die Afrikaanse jeug prosa? (AV 6:2) /// S praat die mense (AV 6:2) /// 'n Pikante smakie (AV 6:2) /// Huislike 
geletterdheidsonderrig (AV 6:2) /// Afrikaans n die verkiesing (AV 6:2) /// Taalkennis is bron van vreugde (AV 6:2) /// Fees soek na 
taaloplossings (AV 6:2) /// Gedagtes oor tersire onderrig (AV 6:2) /// 'Hanteer' 'versigtig' kan goeie riglyn wees (AV 6:2) /// Die Groter 
Begrafnis (AV 6:2) /// 'Die taal waarin ek droom' (AV 6:2) /// Hier vonk die taal! (AV 6:2) /// Televisie: Wat is 'die regte ding om te 
doen?' (AV 6:2) /// 'Je parle Afrikaans  Paris' (AV 6:2) /// Leipoldt en Afrikaans (AV 6:2) /// Leer hoe om werk te skep (AV 6:2) /// 
Effekto (AV 6:2) /// Pansat: n die millennium (AV 6:2) /// ONS LESERS SKRYF (AV 6:2) /// Karoomense het eie praattaal (AV 6:2) /// 'Ek s 
ja' (AV 6:2) ///

